gruis [boodskap #135448] |
Tue, 19 January 2021 09:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gruis
Afbreking: gruis
Selfstandige naamwoord: gruis
Meervoud: –
Betekenis:
• Klein klippies, gewoonlik verbrokkelde rots.
Gebruik:
• Grys word vanuit die steengroewe aangery en oor die paaie gegooi.
• Die gruis knars girts-garts onder die soldate se stewels.
Afgelei:
• granietgruis
• gruisagtig
• gruisbaan
• gruisbank
• gruisbult
• gruiserig
• gruisgat
• gruisgroef
• gruishoop
• gruislaag
• gruispad
• gruissif
• gruiswal
Vertaling:
Engels: gravel, grit
Nederlands: grind, gruis
Werkwoord: gruis
Verlede tyd: het gegruis
Betekenis:
• Met verbrokkelde klip bedek.
Gebruik:
• Die pad moet gegruis word.
Afgelei:
• begruis
• vergruis
Vertaling:
Engels: to cover with gravel, grit
Nederlands: gruizen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|