Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slyp
slyp [boodskap #135438] Mon, 18 January 2021 12:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
slyp
Afbreking: slyp


Werkwoord: slyp
Verlede tyd: het geslyp

Betekenis:
• Iets skuur of vryf om dit skerp of glad te maak; skerpmaak; gladmaak.
• Ten goede verander; verbeter.

Gebruik:
• Hy slyp die stomp mes.
• Vaardighede is geslyp en waardevolle ondervinding is tydens die werkswinkel opgedoen.

Spreekwoord:
• Hy slyp sy tande daarvoor. [Hy maak hom klaar daarvoor; iets by voorbaat geniet.]

Afgelei:
• slyper
• slyping
• slypklip
• slypmasjien
• slypmeule
• slypmiddel
• slypskool
• slypsteen
• slypwiel

Vertaling:
Engels: to sharpen, whet, grind, polish
Nederlands: slijpen

Nota:
• Moenie "slyp" met "sluip" verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: triomfantelik
Volgende onderwerp: voordra
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 14:53:37 UTC 2025