feesdag [boodskap #135433] |
Mon, 18 January 2021 08:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
feesdag
Afbreking: fees•dag
Samestelling: fees + dag
Selfstandige naamwoord: feesdag
Meervoud: feesdae
Verkleinwoord: feesdaggie
Meervoud van verkleining: feesdaggies
Betekenis:
• 'n Erkende gedenkdag wat jaarliks plaasvind (en dikwels ook 'n vakansiedag is).
• 'n Dag waarop fees gevier word in die algemeen.
Gebruik:
• Hemelvaartdag is 'n kerklike feesdag waarop Christus se hemelvaart gevier word.
• Die feesdag is met 'n groot verjaardagmaal afgesluit.
Vertaling:
Engels: holiday; festival
Nederlands: feesdag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|