anglisisme [boodskap #135422] |
Sun, 17 January 2021 10:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
anglisisme
Afbreking: an•gli•si•sme
Selfstandige naamwoord: anglisisme
Meervoud: anglisismes
Verkleinwoord: anglisismetjie
Meervoud van verkleining: anglisismetjies
Betekenis:
• 'n Woord, uitdrukking of sinskonstruksie wat uit Engels kom (of onder invloed van Engelse staan) en die Afrikaanse ekwivalent verdring.
Gebruik:
• Afrikaans-sprekendes is oor die algemeen meer bewus van anglisismes as sprekers van ander tale omdat Suid-Afrika 'n meertalige land is waarin Engels en Afrikaans voortdurend noue kontak met mekaar het.
Afgelei:
• anglisisties
Verwant:
• amerikanisme
• bantoeïsme
• germanisme
• latinisme
• neerlandisme
Vertaling:
Engels: anglicism
Nederlands: anglicisme
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|