Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » roede
roede [boodskap #135420] Sun, 17 January 2021 09:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
roede
Afbreking: roe•de


Selfstandige naamwoord: roede
Meervoud: roedes
Verkleinwoord: roedetjie
Meervoud van verkleining: roedetjies

Betekenis:
• 'n Stok vir lyfstraf, of 'n staf as simbool van gesag.
• (argaïes) 'n Ou oppervlaktemaat, gelyk aan 'n kwart akker.
• (argaïes) Die stert van 'n komeet (sien roei).

Gebruik:
• As die kinders nie luister nie sal ons die roede moet inlê.

Spreekwoord:
• Wie die roede spaar, bederf die kind. [As 'n mens 'n kind behoorlik wil grootmaak, moet hy geslaan word wanneer hy dit verdien.]

Sinoniem:
• lat
• rottang
• slaanding
• slaanlat
• slaanstok
• tugroede

Afkorting:
• rd.

Vertaling:
Engels: rod, birch; rood (1/4 of an acre)
Nederlands: roede

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: losieshuis
Volgende onderwerp: punktualiteit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 14:50:21 UTC 2025