losieshuis [boodskap #135419] |
Sat, 16 January 2021 21:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
losieshuis
Afbreking: lo•sies•huis
Samestelling: losies + huis
Selfstandige naamwoord: losieshuis
Meervoud: losieshuise
Verkleinwoord: losieshuisie
Meervoud van verkleining: losieshuisies
Betekenis:
• Plek wat losies (huisvesting en maaltye) teen betaling aan loseerders verskaf.
Gebruik:
• Ouma het daar naam op die waglys vir 'n kamer in die losieshuis gesit.
Sinoniem:
• herberg
• hostel
• pension
• tehuis
Vertaling:
Engels: boarding-house, lodging-house
Nederlands: losieshuis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|