Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Die Afrikaanse Wikipedia - 20 jaar later
Die Afrikaanse Wikipedia - 20 jaar later [boodskap #135416] Sa, 16 Januarie 2021 18:55
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Wikipedia word vanjaar 20 jaar oud. Die aanlynensiklopedie is in 2001 begin, maar daardie jaar het slegs 'n enkele gebruiker 'n handvol Afrikaanse artikels geskep. Dié baanbreker was Michel Clasquin van Unisa se Departement Godsdienswetenskap (gebruiker Clasqm) wat op 16 November 2001 artikels soos "Wikipedia:Hoe om ’n nuwe bladsy te skep", "Hindoeïsme" en "Godsdiens" opgelaai het.

Op sy gebruikersblad spog hy: "Nou ja, as 'n mens dan so 'n klein bietjie jou eie beuel kan blaas, dan kan ek seker maar sê dat ek die eerste ou was om hier bydraes te begin maak! Ja, die blerrie kaaskop was toe almal voor!" Hier is 'n lys van sy eerste bydraes:

BLADSY                        GEBRUIKER DATUM
Ego                           Clasqm    2001-11-20 19:30:08
Super-Ego                     Clasqm    2001-11-20 19:29:49
Id                            Clasqm    2001-11-20 19:28:54
Sigmund_Freud                 Clasqm    2001-11-20 19:26:27
Psigiatrie                    Clasqm    2001-11-20 19:17:47
Sielkunde                     Clasqm    2001-11-20 19:11:14
Opera                         Clasqm    2001-11-19 18:07:05
Uitvoerende_kunste            Clasqm    2001-11-16 23:05:14
Beeldende_kunste              Clasqm    2001-11-16 23:00:54
Biologie                      Clasqm    2001-11-16 22:57:18
Clasqm                        Clasqm    2001-11-16 22:50:40
Recentchanges                 Clasqm    2001-11-16 22:48:32
Godsdiens                     Clasqm    2001-11-16 22:31:40
Hindoeïsme                    Clasqm    2001-11-16 22:30:18
Redigeringsinstruksies        Clasqm    2001-11-16 21:01:29
Hoe_om_’n_nuwe_bladsy_te_skep Clasqm    2001-11-16 20:56:30

Die daaropvolgende jaar, in 2002, is ± 82 Afrikaanse artikels bygevoeg. Die aktiefste gebruiker was Jak wat ongeveer 40 artikels geskep het. Die res van die artikels is deur anonieme gebruikers opgelaai.

In 2003 het die Afrikaanse Wikipedia begin vlamvat en is daar meer as 700 ekstra artikels geskep. Die sterre van die jaar was gebruikers Rob Hooft, Brion VIBBER en Andre Engels. Dit is ook die jaar wat gebruikers Jcwf en Greenman aangesluit het, wat later legendes in eie reg sou word.

In 2004 word die 1000-kerf verbygesteek. Gebruiker Alias skep 453 artikels, Faresh 201, Dewet 178, Renier Maritz 103, en die lys gaan so aan.

In 2005 sien ons die eerste wysiging van gebruiker Voyageur en in 2006 word die 5000ste artikel geskep. Die res is redelik goed gedokumenteer.

Vandag beskik die Afrikaanse Wikipedia oor meer as 95 000 artikels en is dit die 71ste grootste Wikipedia volgens die getal artikels. Daar word tans hard gewerk om die 100 000ste artikel voor 15 November, die wiki se 20ste verjaarsdag, te bereik.
Vorige onderwerp: Afrikaanse vertaling vir "mileage"
Volgende onderwerp: Afrikaanse vertaling vir "I'll drink to that"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 06:47:35 MGT 2024