daling [boodskap #135413] |
Sat, 16 January 2021 09:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
daling
Afbreking: da•ling
Selfstandige naamwoord: daling
Meervoud: dalinge, dalings
Verkleinwoord: dalinkie
Meervoud van verkleining: dalinkies
Betekenis:
• Die handeling van daal; na onder beweeg; geleidelik laer word (in hoogte, prys, ens.)
Gebruik:
• As gevolg van die skerp daling in die olieprys word 'n groot daling in brandstofpryse verwag.
Sinoniem:
• afname
• deflasie
• insinking
• sakking
• val
Antoniem:
• styging
Afgelei:
• koersdaling
• prysdaling
• temperatuurdaling
Vertaling:
Engels: fall, drop, decline, descent
Nederlands: daling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|