seunskool [boodskap #135388] |
Do, 14 Januarie 2021 18:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
seunskool
Afbreking: seun•skool
Samestelling: seun + skool
Selfstandige naamwoord: seunskool
Meervoud: seunskole
Verkleinwoord: seunskooltjie
Meervoud van verkleining: seunskooltjies
Betekenis:
• 'n Skool vir seuns.
Gebruik:
• Die Afrikaanse Hoër Seunskool, ook bekend as Affies, is 'n openbare hoërskool vir seuns in Pretoria wat oorkant Loftus Versfeld geleë is.
Sinoniem:
• jongenskool (argaïes)
Antoniem:
• meisieskool
Spelfout:
• seunsskool
Vertaling:
Engels: boys' school
Nederlands: jongensschool
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|