betrag [boodskap #135381] |
Wed, 13 January 2021 19:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
betrag
Afbreking: be•trag
Werkwoord: betrag
Verlede tyd: het betrag
Betekenis:
• Iets deeglik bekyk of oordink.
Gebruik:
• Ek het myself in die spieël betrag en besef ek sal dringend iets aan die vetjies moet doen.
Sinoniem:
• aanskou
• bekyk
• beskou
• oorpeins
• oorweeg
• waarneem
Afgelei:
• betragting
Vertaling:
Engels: to look at, observe, ponder
Nederlands: betrachten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|