Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waks
waks [boodskap #135367] Tue, 12 January 2021 13:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
waks
Afbreking: waks


Werkwoord: waks
Verlede tyd: het gewaks

Betekenis:
• Met politoer behandel; poleer; opvryf.
• Iemand slaan; 'n oorveeg gee; wiks.

Gebruik:
• Nee sies man, gaan waks jou skoene.
• Ek gaan vir jou waks.

Vertaling:
Engels: to polish, black; to slab
Nederlands: waxen, poetsen


Selfstandige naamwoord: waks
Meervoud: wakse
Verkleinwoord: waksie
Meervoud van verkleining: waksies

Betekenis:
• Politoer of ander middel waarmee iets skoongevryf word.

Gebruik:
• Die waks is op, hoe moet ek nou my skoene skoonmaak?

Sinoniem:
• skoenpoets
• skoenpolitoer
• skoensmeer
• skoenwaks
• politoer
• swartsel

Afgelei:
• oorwaks

Vertaling:
Engels: boot-polish, shoe-black
Nederlands: wax

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kryger
Volgende onderwerp: senuknoop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 14:58:42 UTC 2025