wek [boodskap #135361] |
Tue, 12 January 2021 09:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wek
Afbreking: wek
Werkwoord: wek
Verlede tyd: het gewek
Betekenis:
• Wakker maak.
• Veroorsaak; laat ontstaan.
Gebruik:
• Sy wek hom soggens met 'n koppie koffie.
• Pasop dat dit nie die verkeerde indruk wek of 'n onrealistiese verwagting skep nie.
Spreekwoord:
• Woorde wek, maar voorbeelde trek. ['n Mens se goeie dade beteken meer as baie mooi woorde.]
Verwant:
• opwek
• wekker
Vertaling:
Engels: to wake; raise, create
Nederlands: wekken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|