Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ruggraat
ruggraat [boodskap #135353] Mon, 11 January 2021 19:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die ruggraat van die kant gesien.
Die ruggraat van die kant gesien.
ruggraat
Afbreking: rug•graat
Samestelling: rug + graat


Selfstandige naamwoord: ruggraat
Meervoud: ruggrate
Verkleinwoord: ruggraatjie
Meervoud van verkleining: ruggraatjies

Betekenis:
• Bene in die middel van die rug wat die lyf regop hou, columna vertebralis.
• (figuurlik) Innerlike krag om iets te doen wat moed verg; vasberadenheid.
• (figuurlik) 'n Staatmaker; steunpilaar.

Gebruik:
• Die mens se ruggraat bestaan uit 7 nekwerwels, 12 borswerwels, 5 lendewerwels, die heiligbeen en die stuitjie.
• Ek wonder of hy die ruggraat het om te doen wat gedoen moet word.
• Hy is die ruggraat van die onderneming.

Sinoniem:
• werwelkolom

Afgelei:
• ruggraatloos
• ruggraatkoors
• ruggraatkromming
• ruggraatverkromming
• ruggraatwerwel

Vertaling:
Engels: spine, backbone, vertebral column
Nederlands: ruggengraat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pleegma
Volgende onderwerp: vegter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 14:37:51 UTC 2025