onderskat [boodskap #135351] |
Mon, 11 January 2021 18:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onderskat
Afbreking: on•der•skat
Samestelling: onder + skat
Werkwoord: onderskat
Verlede tyd: het onderskat
Betekenis:
• Iets of iemand van kleiner belang ag wat dit werklik is; onder waarde skat; laer waardeer.
Gebruik:
• Moenie my intelligensie onderskat nie!
Sinoniem:
• geringag
• geringskat
• minag
Antoniem:
• oorskat
Afgelei:
• onderskatting
Vertaling:
Engels: to underestimate, underrate
Nederlands: onderschatten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|