Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lek
lek [boodskap #135345] Mon, 11 January 2021 13:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
lek
Afbreking: lek


Werkwoord: lek
Verlede tyd: het gelek

Betekenis:
• Met die tong optel of benat.
• 'n Vloeistof of gas stadig uitlaat.
• Geheime inligting onthul.
• Soebat of vlei.
• Net-net aanraak.

Gebruik:
• Die hond lek haar gesig sopnat.
• Die pyp lek, bel die loodgieter.
• Iemand lek vertroulike inligting aan die pers.
• Ek gaan jou nie lek om saam te kom nie.
• Die vlamme lek teen die dak.

Spreekwoord:
• Bek lek en stert swaai. [Kruiperige, vleiende houding]
• Hy lek sy lippe af daarvoor. [Jou by voorbaat in iets verlustig.]
• Kat se blad, lek hom plat dan weet jy wat. [Gesê om 'n nuuskierige kind stil te kry.]

Afgelei:
• oplek
• uitlek

Vertaling:
Engels: to leak; disclose; lick
Nederlands: lekken


Selfstandige naamwoord: lek
Meervoud: lekke
Verkleinwoord: lekkie
Meervoud van verkleining: lekkies

Betekenis:
• Opening waardeur 'n vloeistof of 'n gas ontsnap; lekplek; lekkasie.
• Voedsel wat vir vee uitgesit word; soutlek.

Gebruik:
• Hy maak die lek reg.
• Die boer koop lek vir sy beeste by die koöperasie.

Vertaling:
Engels: leak, leakage
Nederlands: lek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kampioen
Volgende onderwerp: maandblad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 14:41:05 UTC 2025