Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kampioen
kampioen [boodskap #135344] Ma, 11 Januarie 2021 13:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kampioen
Afbreking: kam•pi•oen


Selfstandige naamwoord: kampioen
Meervoud: kampioene
Verkleinwoord: kampioentjie
Meervoud van verkleining: kampioentjies

Betekenis:
• 'n Persoon of span wat 'n kampioenskap wen.
• Voorvegter of verdediger van 'n saak.

Gebruik:
• Hy is waardige sportman en 'n kampioen van kampioene.
• Sy is 'n kampioen van vryheid en menseregte.

Sinoniem:
• wenner

Hiponiem:
• bokskampioen
• gewigstootkampioen
• stoeikampioen
• wêreldkampioen

Afgelei:
• kampioenbakster
• kampioenbul
• kampioenhings
• kampioenklub
• kampioennaelloper
• kampioenrenjaer
• kampioenspan
• kampioenspeler
• kampioenswemmer

Verwant:
• kampioenskap

Vertaling:
Engels: champion
Nederlands: kampioen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: jaarverslag
Volgende onderwerp: lek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 26 04:28:01 MGT 2024