handelaar [boodskap #135341] |
Mon, 11 January 2021 11:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
handelaar
Afbreking: han•de•laar
Samestelling: handel + -aar
Selfstandige naamwoord: handelaar
Meervoud: handelaars
Verkleinwoord: handelaartjie
Meervoud van verkleining: handelaartjies
Betekenis:
• 'n Persoon of instansie wat handel dryf (dinge koop en verkoop).
Gebruik:
• Die inbrekers het talle vuurwapens by 'n handelaar gesteel.
Sinoniem:
• besigheidsman
• koopman
• sakeman
• smous
• winkelier
Afgelei:
• boekhandelaar
• diamanthandelaar
• dwelmhandelaar
• groothandelaar
• kleinhandelaar
• motorhandelaar
• wapenhandelaar
Vertaling:
Engels: dealer, merchant, trader, businessman
Nederlands: handelaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|