Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » giet
giet [boodskap #135340] Mon, 11 January 2021 09:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
giet
Afbreking: giet


Werkwoord: giet
Verlede tyd: het gegiet
Teenwoordige deelwoord: gietende
Verlede deelwoord: gegote

Betekenis:
• 'n Vloeistof vallend oor iets laat vloei.
• 'n Vloeistof in 'n vorm laat inloop.

Gebruik:
• Hy roep die see bymekaar en Hy giet reën uit oor die aarde. [Amos 9:6]
• Hiram se eerste taak was om twee groot pilare uit brons te giet. [1 Konings 7:15]

Afgelei:
• gietblok
• gieter
• gietery
• gietkuns
• gietyster
• ingiet
• uitgiet

Vertaling:
Engels: to pour; to mould, cast
Nederlands: gieten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: faam
Volgende onderwerp: handelaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 14:50:13 UTC 2025