Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dek
dek [boodskap #135337] Mon, 11 January 2021 09:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
dek
Afbreking: dek


Werkwoord: dek
Verlede tyd: het gedek

Betekenis:
• Iets uitpak/uitlê, soos 'n tafel met eetgerei of 'n dak met teëls.
• Insluit of omvat.
• Paar.

Gebruik:
• Sy dek die tafel vir ete.
• Die boek dek al die onderwerpe vir die eksamen.
• Die hings dek die merries.

Spreekwoord:
• Die tafel oor iemand dek. [Iemand beskinder.]
• Jy dek tafel vir die honde. [Jou hemp hang uit.]
• Vir die hond en die katte tafel dek. [Iemand se hemp hang uit.]
• Die vlag dek die lading. ['n Goeie naam kan selfs iets minderwaardigs tot aanbeveling strek.]
• Al is 'n huis ook hoe arm, hy dek warm. [Al is 'n mens se tuiste armoedig, voel hy daar tog die gelukkigste.]

Afgelei:
• bedek
• dekhings
• dekplant

Vertaling:
Engels: to cover, thatch, lay
Nederlands: dekken


Selfstandige naamwoord: dek
Meervoud: dekke
Verkleinwoord: dekkie
Meervoud van verkleining: dekkies

Betekenis:
• Horisontale vlak wat iets van bo af afsluit, soos 'n dek van 'n skip of bus.

Gebruik:
• Die huis het 'n dek wat oor die rivier uitkyk.

Afgelei:
• dubbeldekker
• skeepsdek
• sondek

Vertaling:
Engels: deck
Nederlands: dek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: chaoties
Volgende onderwerp: egskeiding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 14:49:43 UTC 2025