chaoties [boodskap #135336] |
Mon, 11 January 2021 08:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
chaoties
Afbreking: cha•o•ties
Byvoeglike naamwoord: chaoties
Vergrotende trap: chaotieser
Oortreffende trap: chaotieste
Attributief: chaotiese
Betekenis:
• Met chaos; baie deurmekaar en sonder enige orde.
Gebruik:
• Soggens skarrel ons chaoties om almal aangetrek, gevoed en uit die huis uit te kry.
Sinoniem:
• deurmekaarspul
• onsistematies
• ordeloos
• wanordelik
Antoniem:
• ordelik
Vertaling:
Engels: chaotic
Nederlands: chaotisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|