beginsel [boodskap #135335] |
Mon, 11 January 2021 08:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beginsel
Afbreking: be•gin•sel
Selfstandige naamwoord: beginsel
Meervoud: beginsels
Verkleinwoord: beginseltjie
Meervoud van verkleining: beginseltjies
Betekenis:
• 'n Oortuiging of voorskrif wat nagevolg kan/moet word.
• 'n Grondbegrip van die wetenskap.
Gebruik:
• "Doen aan ander soos jy wil hê hulle aan jou moet doen" is 'n belangrike morele beginsel.
• Die wet van Archimedes is 'n wetenskaplike beginsel wat die verband tussen verplasing en dryfvermoë verduidelik.
Sinoniem:
• prinsiep
Afgelei:
• beginselbeswaar
• beginselloos
• beginselsaak
• beginselvas
• beginselverklaring
Vertaling:
Engels: principle
Nederlands: beginsel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|