Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bankrot
bankrot [boodskap #135331] Sun, 10 January 2021 17:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
bankrot
Afbreking: ban•krot


Byvoeglike naamwoord: bankrot
Vergrotende trap: bankrotter
Oortreffende trap: bankrotste
Attributief: bankrot, bankrotte

Betekenis:
• Sonder geld, sodat jy nie jou finansiële verpligtinge kan nakom nie.

Gebruik:
• Mense wat bokant hulle inkomste lewe kan maklik bankrot speel.

Spreekwoord:
• Ryk gesaai, bankrot geoes. [As iemand baie erf, verloor hy dit dikwels maklik weer.]

Sinoniem:
• faljiet (argaïes)
• insolvent
• platsak

Antoniem:
• skatryk

Afgelei:
• bankrotskap

Vertaling:
Engels: bankrupt, insolvent
Nederlands: bankroet, failliet, insolvent

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: adamsappel
Volgende onderwerp: atoombom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 14:53:15 UTC 2025