Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » adamsappel
adamsappel [boodskap #135330] Sun, 10 January 2021 17:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Adamsappel.
'n Adamsappel.
adamsappel
Afbreking: a•dams•ap•pel
Samestelling: adam + -s- + appel


Selfstandige naamwoord: adamsappel
Meervoud: adamsappels
Verkleinwoord: adamsappeltjie
Meervoud van verkleining: adamsappeltjies

Betekenis:
• Gedeelte van die strottehoof wat uitsteek by mans, prominentia laryngea.

Gebruik:
• Onder invloed van die manlike geslagshormone groei die skildkraakbeen tydens puberteit na vore om die adamsappel te vorm.

Sinoniem:
• keelknop
• komhalertjie (ongewoon)

Vertaling:
Engels: Adam's apple, laryngeal prominence
Nederlands: adamsappel

Nota:
• Afgelei van die Bybelse figuur, Adam, en verwys na die verbode vrug wat hy geëet het en toe deels in sy keel bly vassit het.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: absurd
Volgende onderwerp: bankrot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 15:01:26 UTC 2025