absurd [boodskap #135329] |
Sun, 10 January 2021 16:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
absurd
Afbreking: ab•surd
Byvoeglike naamwoord: absurd
Vergrotende trap: absurder
Oortreffende trap: absurdste
Attributief: absurde
Partitief: absurds
Betekenis:
• Buitengewoon onlogies; strydig met rede.
Gebruik:
• Ons mense is skepsels wat ons lewens deurbring deur onsself te oortuig dat ons bestaan nie absurd is nie. [Albert Camus]
Sinoniem:
• belaglik
• dwaas
• gek
• idioties
• ongerymd
• sotlik
• verspot
Afgelei:
• absurdisme
• absurdisties
• absurditeit
Vertaling:
Engels: absurd, foolish, silly
Nederlands: absurd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|