asteroïde [boodskap #135313] |
Sa, 09 Januarie 2021 16:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
asteroïde
Afbreking: as•te•ro•ï•de
Selfstandige naamwoord: asteroïde, asteroïed
Meervoud: asteroïdes, asteroïede
Verkleinwoord: asteroïdetjie
Meervoud van verkleining: asteroïdetjies
Betekenis:
• 'n Klein, vaste hemelliggaam wat soos 'n planeet om die son wentel.
Gebruik:
• Volgens die fisikus Stephen Hawking is asteroïdes die grootste bedreiging wat ons planeet in die gesig staar.
Wisselvorm:
• asteroïed
Sinoniem:
• planetoïde
Afgelei:
• asteroïdebotsing
• asteroïdegordel
• asteroïde-impak
Spelfout:
• astroïde
Vertaling:
Engels: asteroid
Nederlands: asteroïde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|