sorgloos [boodskap #135309] |
Sa, 09 Januarie 2021 13:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sorgloos
Afbreking: sorg•loos
Samestelling: sorg + -loos
Byvoeglike naamwoord: sorgloos
Attributief: sorglose
Betekenis:
• Sonder enige sorge of bekommernisse.
Gebruik:
• Die kinders op die platteland het nog die voorreg om sorgloos buite te speel.
Wisselvorm:
• sorgeloos
Sinoniem:
• gemaksugtig
• luilekker
• onbekommerd
• onbesorg
• traak-my-nie-agtig
Afgelei:
• sorgloosheid
Vertaling:
Engels: carefree, easy‐going, happy‐go‐lucky
Nederlands: zorgeloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|