korf [boodskap #135293] |
Do, 07 Januarie 2021 14:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
korf
Afbreking: korf
Selfstandige naamwoord: korf
Meervoud: korwe
Verkleinwoord: korfie
Meervoud van verkleining: korfies
Betekenis:
• Nes (of hok) vir 'n kolonie bye.
• Gevlegte mandjie, of iets wat daaraan herinner, soos die net aan die doelpale by netbal en korfbal.
Gebruik:
• Heuningbye sal aktief steek wanneer hulle voel dat hul korf bedreig word.
• Die doelgooier gooi die bal deur die korf.
Afgelei:
• byekorf
• heuningkorf
• korfbal
• korfboog
• korffles
Vertaling:
Engels: beehive, hive; basket
Nederlands: korf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|