nabootser [boodskap #135291] |
Do, 07 Januarie 2021 12:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nabootser
Afbreking: na•boot•ser
Samestelling: naboots + -er
Selfstandige naamwoord: nabootser
Meervoud: nabootsers
Verkleinwoord: nabootsertjie
Meervoud van verkleining: nabootsertjies
Betekenis:
• Iets wat 'n situasie naboots, of iemand wat ander naboots (na-aper, mimikus).
Gebruik:
• Die toestande in die nabootser is so lewensgetrou dat mens skoon lugsiek word.
Afgelei:
• vlugnabootser
Vertaling:
Engels: simulator, imitator, mimicker
Nederlands: nabootser
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|