Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » drywing
drywing [boodskap #135289] Do, 07 Januarie 2021 11:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
drywing
Afbreking: dry•wing


Selfstandige naamwoord: drywing
Meervoud:

Betekenis:
• Manier waarop 'n masjien in beweging gebring word; wyse waarop energie oordra word.
• Tempo waarteen arbeid verrig, of waarteen energie oorgedra word, gemeet in watt (W), of joule per sekonde (J/s).

Gebruik:
• 'n Windpomp is 'n toestel wat winddrywing na meganiese drywing omsit.
Drywing is aanvanklik in perdekrag gemeet, maar vandag gebruik ons die watt.

Sinoniem:
• aandrywing
• voortdrywing
• bewegingskrag

Vertaling:
Engels: power
Nederlands: vermogen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: snuit
Volgende onderwerp: boeiend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 26 04:47:11 MGT 2024