Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » volume
volume [boodskap #135271] Tue, 05 January 2021 13:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die volume van 'n onreëlmatige voorwerp kan deur middel van waterverplasing bepaal word.
Die volume van 'n onreëlmatige voorwerp kan deur middel van waterverplasing bepaal word.
volume
Afbreking: vo•lu•me


Selfstandige naamwoord: volume
Meervoud: volumes
Verkleinwoord: volumetjie
Meervoud van verkleining: volumetjies

Betekenis:
• Die hoeveelheid spasie wat 'n voorwerp inneem; kapasiteit; inhoud.
• Die sterkte van klank.
• 'n Boekdeel of deel van 'n reeks albums, ens.

Gebruik:
Volume word gemeet in kubieke meter (m³), desimeter (dm³), sentimeter (cm³), millimeter (mm³), ens.
• Ek kan nie mooi hoor nie, draai die volume op.
• Gee asseblief vir my volume 2 aan.

Afkorting:
• vol.

Afgelei:
• klankvolume
• volume-eenheid
• volumeknop
• volumekontrole
• volumeverhouding

Vertaling:
Engels: volume
Nederlands: volume

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: halftwaalf
Volgende onderwerp: marjolein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 12:44:20 UTC 2025