gek [boodskap #135258] |
Tue, 05 January 2021 13:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gek
Afbreking: gek
Selfstandige naamwoord: gek
Meervoud: gekke
Betekenis:
• Iemand wat (tydelik) dwaas of (reëlmatig) kranksinnig optree.
Gebruik:
• Moenie 'n gek van jouself maak nie!
Spreekwoord:
• Elke gek het sy gebrek. [Niemand is volmaak nie.]
• Jy hou my vir die gek. [Die spot met iemand dryf.]
• Hy skeer die gek met my. [Hou iemand vir die gek.]
Vertaling:
Engels: fool, lunatic, madman
Nederlands: gek
Byvoeglike naamwoord: gek
Vergrotende trap: gekker
Oortreffende trap: gekste
Attributief: gek
Intensief: stapelgek
Betekenis:
• Wat verspot, dwaas of kranksinnig optree.
• (informeel) Baie van hou.
Gebruik:
• Jy is gek!
• Ek is gek oor vetkoek.
Afgelei:
• gekheid
Vertaling:
Engels: mad, crazy, foolish; fond of, mad after
Nederlands: gek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|