faraosrot [boodskap #135256] |
Tue, 05 January 2021 11:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
faraosrot
Afbreking: fa•raos•rot
Samestelling: farao +-s- + rot
Selfstandige naamwoord: faraosrot
Meervoud: faraosrotte
Betekenis:
• 'n Muishond wat slange doodmaak en krokodileiers opgrawe en vreet, Herpestes ichneumon.
Gebruik:
• Die antieke Egiptenare het die faraosrot as heilig beskou en die diertjie op tempelmure uitgebeeld.
Wisselvorm:
• faraorot
Sinoniem:
• grootgrysmuishond
• igneumon
Vertaling:
Engels: Egyptian mongoose
Nederlands: Egyptische ichneumon
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|