musiekstuk [boodskap #135253] |
Tue, 05 January 2021 09:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
musiekstuk
Afbreking: mu•siek•stuk
Samestelling: musiek + stuk
Selfstandige naamwoord: musiekstuk
Meervoud: musiekstukke
Verkleinwoord: musiekstukkie
Meervoud van verkleining: musiekstukkies
Betekenis:
• 'n Musikale werk wat gespeel en/of gesing kan word.
Gebruik:
• 'n Simfonie is 'n veelstemmige musiekstuk vir stryk- en blaasorkes met verskeie gekontrasteerde, maar verwante bewegings.
Sinoniem:
• komposisie
Hiponiem:
• ballade
• duet
• étude
• fuga
• gavotte
• kantate
• kwartet
• kwintet
• mars
• oktet
• rondo
• sekstet
• septet
• sonate
Vertaling:
Engels: piece of music, musical composition
Nederlands: muziekstuk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|