Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bedees
bedees [boodskap #135223] Sat, 02 January 2021 08:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
bedees
Afbreking: be•dees


Byvoeglike naamwoord: bedees
Vergrotende trap: bedeesder
Oortreffende trap: bedeesste
Attributief: bedeesde

Betekenis:
• Wat ietwat skaam en teruggetrokke is.

Gebruik:
• Dit is goed om bedees en gedienstig te wees, maar moenie toelaat dat ander op jou trap nie.

Sinoniem:
• beskroom
• skamerig
• skugter

Antoniem:
• vrypostig

Afgelei:
• bedeesdheid

Vertaling:
Engels: shy, self-conscious, bashful, timid
Nederlands: bedeesd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bedagsaam
Volgende onderwerp: beeldhouwerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 13:43:14 UTC 2025