bedagsaam [boodskap #135222] |
Sat, 02 January 2021 08:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bedagsaam
Afbreking: be•dag•saam
Samestelling: bedag + -saam
Byvoeglike naamwoord: bedagsaam
Vergrotende trap: bedagsamer
Oortreffende trap: bedagsaamste
Attributief: bedagsame
Partitief: bedagsaams
Betekenis:
• Aan ander mense dink voor jy optree.
Gebruik:
• Die bedagsame seun help die ou tannie oor die pad.
• Kan iemand wat van nature ongeskik is, bedagsaam wees?
Sinoniem:
• akkommoderend
• behulpsaam
• hulpgewend
• hulpvaardig
• hoflik
• inskiklik
• sorgsaam
• tegemoetkomend
• toegewend
Antoniem:
• onbedagsaam
Afgelei:
• bedagsaamheid
Vertaling:
Engels: thoughtful, considerate
Nederlands: bedachtzaam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|