| akkommodeer [boodskap #135217] |
Vr., 01 Januarie 2021 19:37 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
akkommodeer
Afbreking: ak•kom•mo•deer
Werkwoord: akkommodeer
Verlede tyd: het geakkommodeer
Betekenis:
• Om tegemoet te kom.
• Om plek te verskaf; huisves of geleentheid bied.
• (medies) Om aan te pas om skerp te kan sien.
Gebruik:
• Die skool doen sy bes om tuisleerders te akkommodeer.
• Die onthaalarea kan 120 gaste akkommodeer.
• Die beligting kan die oog se vermoë om te akkommodeer beïnvloed.
Sinoniem:
• aanpas
• absorbeer
• behuis
• herberg
• huisves
• inneem
• inpas
• versoen
• tegemoetkom
Afgelei:
• akkommodasie
• akkommoderend
Vertaling:
Engels: to accommodate, shelter, house
Nederlands: accommoderen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|