muskiet [boodskap #135213] |
Fri, 01 January 2021 14:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
muskiet
Afbreking: mus•kiet
Selfstandige naamwoord: muskiet
Meervoud: muskiete
Verkleinwoord: muskietjie
Meervoud van verkleining: muskietjies
Betekenis:
• 'n Tweevlerkige steekmuggie van die familie Culicidae waarvan die wyfie bloed suig.
Gebruik:
• 'n Muskiet het my gebyt.
Hiponiem:
• geelkoorsmuskiet
• malariamuskiet
• tiermuskiet
Afgelei:
• muskietafweermiddel
• muskietbyt
• muskieteiers
• muskietnet
Vertaling:
Engels: mosquito
Nederlands: muskiet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|