Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sabel
sabel [boodskap #135207] Thu, 31 December 2020 13:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Sabels
Sabels
'n Sabeldier.
'n Sabeldier.
sabel
Afbreking: sa•bel


Selfstandige naamwoord: sabel
Meervoud: sabels
Verkleinwoord: sabeltjie
Meervoud van verkleining: sabeltjies

Betekenis:
• Gevegswapen in die vorm van 'n geboë swaard; kromswaard.
• Die sabeldier (Martes zibellina), roofdier van die naaldwoude van Eurasië wat vir sy pels gejag is.

Gebruik:
• Eduard het met sy hande omhoog gestaan terwyl 'n Britse offisier hom met 'n sabel deurboor het.
• Die sabel is 'n alleenlopende nagdier wat soms ook oordag aktief is.

Afgelei:
• sabelbene
• sabelbont
• sabeldier
• sabeldril
• sabelgekletter
• sabelhou
• sabelpels
• sabelskede
• sabelsprinkaan
• sabelvel
• sabelvormig

Vertaling:
Engels: sabre, saber
Nederlands: sabel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: huishulp
Volgende onderwerp: losbol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 13:44:47 UTC 2025