Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » groeityd
groeityd [boodskap #135203] Thu, 31 December 2020 11:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
groeityd
Afbreking: groei•tyd
Samestelling: groei + tyd


Selfstandige naamwoord: groeityd
Meervoud: groeitye
Verkleinwoord: groeitydjie
Meervoud van verkleining: groeitydjies

Betekenis:
• Tyd waartydens 'n plant (of iets anders) groei, of die tyd wat daarvoor nodig is.

Gebruik:
• Mag die reën val met planttyd en groeityd, maar nie met oestyd nie.
• Die groeityd van patats is taamlik lank en duur 5 tot 6 maande.

Sinoniem:
• groeiseisoen
• groeitydperk

Verwant:
• planttyd
• oestyd
• strooptyd

Vertaling:
Engels: growing time
Nederlands: groeitijd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: moment
Volgende onderwerp: grondgebied
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 13:00:28 UTC 2025