Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » karet
karet [boodskap #135193] Wed, 30 December 2020 16:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
karet
Afbreking: ka•ret


Selfstandige naamwoord: karet
Meervoud: karette

Betekenis:
• Soort seeskilpad (Caretta caretta) of voorwerp van so 'n skilpad se dop.
• Inlaskarakter (‸) wat aandui waar iets ingevoeg moet word.
• Plank of raamwerk agter 'n voertuig vir bagasie; bagasierak.

Gebruik:
• 'n Karet het na rowwe seetoestande op Mosselbaai se stand uitgespoel.
• Druk die spasiebalk op die sleutelbord om die karet aan te skuif.
• Sy maak die tas op haar fiets se karet vas.

Afgelei:
• karetbril
• karetkam
• karetpen
• karetskilpad

Vertaling:
Engels: tortoise-shell; caret; luggage carrier
Nederlands: karet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onoplettend
Volgende onderwerp: romanties
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 13:07:25 UTC 2025