onoplettend [boodskap #135192] |
Wed, 30 December 2020 12:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onoplettend
Afbreking: on•op•let•tend
Samestelling: on- + oplettend
Byvoeglike naamwoord: onoplettend
Vergrotende trap: onoplettender
Oortreffende trap: onoplettendste
Attributief: onoplettende
Partitief: onoplettends
Betekenis:
• Nie oplettend nie; om suf te wees en nie die nodige aandag skenk nie.
Gebruik:
• Dit is normaal om soms onoplettend te wees en onnadenkend op die ingewing van die oomblik te handel.
Sinoniem:
• agteloos
• onagsaam
• onaandagtig
Antoniem:
• aandagtig
• oplettend
Afgelei:
• onoplettendheid
Vertaling:
Engels: inattentive, unobservant
Nederlands: onoplettend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|