hartomleiding [boodskap #135188] |
Wed, 30 December 2020 10:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hartomleiding
Afbreking: hart•om•lei•ding
Samestelling: hart + omleiding
Selfstandige naamwoord: hartomleiding
Meervoud: hartomleidings
Verkleinwoord: hartomleidinkie
Meervoud van verkleining: hartomleidinkies
Betekenis:
• Hartchirurgie waar 'n aar om 'n obstruksie gelei word om bloedvloei te verbeter.
Gebruik:
• 'n Kardioloog kan soms 'n hartomleiding voorkom deur die aar te rek en 'n veertjie of "stent" in te plant.
Sinoniem:
• hartvatomleiding
Afgelei:
• hartomleidingsoperasie
Spelfout:
• hartomlyning
Vertaling:
Engels: heart bypass
Nederlands: hartomleiding
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|