hedendaags [boodskap #135187] |
Wed, 30 December 2020 08:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hedendaags
Afbreking: he•den•daags
Byvoeglike naamwoord: hedendaags
Attributief: hedendaagse
Betekenis:
• Van hierdie tyd.
Gebruik:
• Hedendaags is daar baie boeke wat daarop gerig is om geld te maak sonder om die leser werklik van hulp te wees.
• Die hedendaagse samelewing is 'n sirkus!
Sinoniem:
• eietyds
• huidig
• tans
• teenswoordig
Antoniem:
• klassiek
• outyds
Vertaling:
Engels: current, nowadays, at present
Nederlands: hedendaags
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|