hoofdogter [boodskap #135167] |
Mon, 28 December 2020 19:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hoofdogter
Afbreking: hoof•dog•ter
Samestelling: hoof + dogter
Selfstandige naamwoord: hoofdogter
Meervoud: hoofdogters
Verkleinwoord: hoofdogtertjie
Meervoud van verkleining: hoofdogtertjies
Betekenis:
• 'n Dogter wat as leier van 'n skool se leerlingraad verkies is.
Gebruik:
• Die hoofdogter moet te alle tye 'n navolgingswaardige voorbeeld stel, verantwoordelik optree, behulpsaam wees, haar pligte nakom en op 'n deurlopende basis leiding neem.
Sinoniem:
• hoofmeisie
Antoniem:
• hoofseun
Hiperoniem:
• prefek
Afgelei:
• onderhoofdogter
Vertaling:
Engels: head girl
Nederlands: hoofd meisje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|