aandsang [boodskap #135158] |
Mon, 28 December 2020 10:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aandsang
Afbreking: aand•sang
Samestelling: aand + sang
Selfstandige naamwoord: aandsang
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Gesingery in die aand, o.a. in 'n kerk of voor 'n geliefde se venster.
Gebruik:
• Watter orrelis lei die aandsang vanaand?
Antoniem:
• môresang
• oggendsang
Hiponiem:
• nokturne
• serenade
Vertaling:
Engels: evensong
Nederlands: aandsang
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|