foeter [boodskap #135141] |
So, 27 Desember 2020 09:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
foeter
Afbreking: foe•ter
Werkwoord: foeter
Verlede tyd: het gefoeter
Betekenis:
• 'n Loesing toedien; pak slae gee.
• Lastig wees; pla; krap; peuter.
• Met geweld êrens heen gaan.
Gebruik:
• Ek gaan jou foeter as jy dit weer doen!
• Ek dink die rooi kleur foeter.
• Waar wil jy nou heen foeter?
Sinoniem:
• looi
• raps
• slaan
• wiks
Afgelei:
• befoeter
• foeterasie
• opfoeter
Spelfout:
• voeter
Vertaling:
Engels: to beat, hit, thrash; to bother, trouble, pester; to go
Nederlands: foeteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|