Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aardig
aardig [boodskap #135138] So., 27 Desember 2020 08:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24169
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aardig
Afbreking: aar•dig


Byvoeglike naamwoord: aardig
Vergrotende trap: aardiger
Oortreffende trap: aardigste
Attributief: aardige
Partitief: aardigs

Betekenis:
• Wat vreemd of snaaks is; raar.
• Baie groot; aansienlik.

Gebruik:
• Wat 'n aardige vent. Dit is darem nie te aardig nie.
• Dit het 'n aardige bedrag geld gekos.

Sinoniem:
• eienaardig
• eksentriek
• eksoties
• ongewoon
• raar
• snaaks
• sonderling
• uitheems
• vreemd

Afgelei:
• aardigheid

Vertaling:
Engels: weird, queer, strange; considerable, substantial
Nederlands: vreemd, snaaks; aardig

Nota:
• "Aardig" is 'n valse vriend en beteken "aangenaam, gaaf of grappig, vriendelik" in Nederlands, hoewel sekere Nederlandse dialekte die Afrikaanse betekenis deel.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kapstok
Volgende onderwerp: evolusie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 23 09:06:21 UTC 2025