bowendien [boodskap #135122] |
Sat, 26 December 2020 07:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bowendien
Afbreking: bo•wen•dien
Bywoord: bowendien
Betekenis:
• Behalwe dit wat genoem is; wat nog moet bykom.
Gebruik:
• Om op te hou rook is gesond en bowendien kan dit 'n mens baie geld spaar.
Sinoniem:
• boonop
• buitendien
• daarby
• daarbenewens
• daarenbowe
• verder
Vertaling:
Engels: furthermore, besides, moreover, in addition
Nederlands: bovendien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|