kenmerkend [boodskap #135115] |
Fri, 25 December 2020 17:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kenmerkend
Afbreking: ken•mer•kend
Samestelling: kenmerk + -end
Byvoeglike naamwoord: kenmerkend
Vergrotende trap: kenmerkender
Oortreffende trap: kenmerkendste
Attributief: kenmerkende
Partitief: kenmerkends
Betekenis:
• Wat uitstaan en waaraan iets uitgeken word.
Gebruik:
• Kenmerkend van insekte is hulle ses pote en sommige het ook 'n duidelike eksoskelet.
Sinoniem:
• karakteristiek
• onderskeidend
• tiperend
• verteenwoordigend
Vertaling:
Engels: characteristic, distinctive
Nederlands: kenmerkend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|