Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oorstroom
oorstroom [boodskap #135083] Wed, 23 December 2020 08:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorstroom
Afbreking: oor•stroom
Samestelling: oor + stroom


Werkwoord: oorstroom
Verlede tyd: het oorstroom

Betekenis:
• Oor 'n rand, wal of oewer stroom, sodat dit wat droog moet wees nou onder water sit.
• (figuurlik) In groot hoeveelhede versprei/ beskikbaar word.

Gebruik:
• Die rivier het sy walle oorstroom.
• Sjinese invoere oorstroom die mark en dwing pryse afwaarts.

Sinoniem:
• oorloop
• oorspoel
• oorvloei

Afgelei:
• oorstroomde
• oorstroming

Vertaling:
Engels: to overflow, flood, swamp
Nederlands: overstromen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meesleurend
Volgende onderwerp: oorstelp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 13:04:34 UTC 2025